Meer oor ons

ANKER GEMEENTE SECUNDA

 

Die plaaslike gemeente is ʼn skriftuurlike beginsel.

 

“...as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ‘n pilaar en grondslag van die waarheid.” (1 Tim. 3:15) 

Die Kerk van die Nasarener is ʼn Christelike -, Heiligheids- en Sendingkerk.

Ons sal nooit wegbeweeg van hierdie drie fundamentele eienskappe nie.

ONS DOELWITTE:

Om die gemeente aktief bekend te stel in Secunda en die TEKS-area.

·         Op ‘n verantwoordelike manier wat opbouend is vir die gemeente.

·         Op ‘n manier wat strook met ons Bybelgefundeerde waardes en werkswyses.

WAT ONS DOEN:

·         Ons wen en lei mense deur vriendskap en liefde vir die Koninkryk van God.

 

·         Ons versorg almal geestelik deur leiding bemoeding en aanmoediging.

·         Ons stuur gereddes uit om hulle bediening uit te leef.

“Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel…”

                                                                                                   

                                                                                                        -Kol. 1:28-

KERNWAARHEDE WAARIN ONS GLO:

 

·         Die Goddelikheid van die Here Jesus Christus.

·         Redding deur verlossing en wedergeboorte alleen.

·         Heiligmaking, gevolg deur ‘n heilige lewenswandel.

·         Die onfeilbare woord van God.

·         Die wederkoms van die Here Jesus Christus.

VOORWAARDES VIR LEIERSKAP IN DIE PLAASLIKE GEMEENTE:

Leraars: (Opsieners)

·         Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk.” (1Tim. 3:1 )

 

·         'n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig.” (1Tim. 3:2)

 

·         Geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie.” (1Tim. 3:3)

 

·         Een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.” (1Tim. 3:4)

 

·         Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?” (1Tim. 3:5)

 

·         Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.” (1Tim. 3:6)

 

·         Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.” (1Tim. 3:7 )

Diakens en ouderlinge: (Kerkraad)

·         Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie.” (1Tim. 3:8)

 

·         Manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.” (1Tim. 3:9)

 

·         En hulle moet ook eers ‘n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.” (1Tim. 3:10)

 

·         Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.” (1Tim. 3:11)

 

·         Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.” (1Tim. 3:12)

 

·         Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ‘n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.” (1Tim. 3:13)

HOE TREE ONS OP:

·         Warm

·         Meelewend.

·         Met 'n “Jy-kan-kuier” atmosfeer.

 

Ons is Familie-vriendelik:

·         Verhoudings is belangrik en almal het ‘n plek.

·         Daar is geleentheid vir almal om deel te neem.

·         Persoonlike verbintenis tot die gemeente is vir ons belangrik.

Vir ons is dit belangrik dat die gemeente ‘n veilige plek is vir almal:

·         Elke persoon moet geestelik, emosioneel en fisies veilig voel en wees.

·         Wedersydse respek is vir ons baie belangrik.

·         Ons deel dieselfde waardes.

·         Daar is wederkerigheid en tweerigting-gesprek.

·         Betroubare en voorspelbare gedrag is die hoeksteen van alle veilige verhoudings.

·         Maar, die persone na wie jy opsien en wie belangrik is in jou lewe, kan ook foute maak.

ONS VERWAG VAN ONS LIDMATE:

 

·         Om God lief te hê met hulle hele hart, siel, verstand en krag en hulle naaste soos hulleself. ( Exo. 20:3-6; Lev. 19:17-18; Deut. 5:7-10; 6:4-5; Mar.12:28-31; Rom. 13:8-10

 

·         Om die evangelie gedurig onder die aandag van ongeredde mense te bring en hulle te nooi na die dienste en alles in hulle vermoë te doen vir mense se redding. (Mat. 28:19-20; Hand. 1:8; Rom. 1:14-16; 2 Kor. 5:18-20)

 

·         Om hoflik teenoor alle mense te wees. (Efe. 4:32; Tit. 3:2; 1 Pet. 2:17; 1 Joh. 3:18)

 

·         Om behulpsaam te wees teenoor hulle wat aan die huishouding van die geloof behoort en om mekaar in liefde te verdra. (Rom. 12:13; Gal. 6:2-10;; Kol. 3:12-14)

 

·         Om altyd goed te doen aan die liggaam en siel van ander mense; die wat honger is te voed; die wat sonder klere is te klee; die wat siek en in die gevangenis is te besoek en om behoeftiges te bedien. (Mat. 25:35-36; 2 Kor. 9:8-10; Gal. 2:10; Jak. 2:15-16; 1 Joh. 3:17-18)

 

·         Om by te dra tot die ondersteuning van die bediening en die Kerk se werk, deur gereeld tiendes en offergawes te gee. (Mal. 3:10; Luk. 6:38; 1 Kor. 9:14; 16:2; 2 Kor. 9:6-10; Fil. 4:15-19)

 

·         Getroue bywoning van die byeenkomste van die heiliges en ook die openbare aanbidding van God in die eredienste waar die Woord verkondig word. (Heb. 10:25; Hand. 2:42)

 

·         Om die skrifte te ondersoek en te bepeins asook om gereeld die sakrament van die nagmaal van die Here te herdenk, en gereeld huisgodsdiens en persoonlike tye met die Here te onderhou. (1 Kor. 11:23-30; 2 Tim. 2:15; 2 Tim. 3:14-16; Deut. 6:6-7; Mat. 6:6)

 

·         Om nooit die Naam van God te misbruik nie. (Exo. 20:7; Lev. 19:12; Jak. 5:12)

 

·         Om nie die rusdag van die Here te ontheilig met praktyke wat die heiligheid daarvan sal skend nie. (Exo. 20:8-11; Jes. 58:13-14; Mar. 2:27-28; Hand. 20:7; Open. 1:10)

 

·         Die vermyding van seksuele immoraliteit, soos voorhuwelikse seks en buite-egtelike verhoudings, asook enige vorm van verleiding, losbandigheid of onbehoorlike gedrag van enige aard. (Exo. 20:14; Mat. 5:27-32; 1 Kor. 6:9-11; Gal. 5:19; 1 Thes. 4:3-7)

 

·         Die vermyding van gewoontes en gebruike wat daarvoor bekend is dat dit die fisiese en verstandelike welsyn van die mens beskadig, of verslawend is. Christene moet hulle liggame as tempels van die Heilige Gees beskou. (Spr. 20:1; 23:1-3; 1 Kor. 6;17-20; 2 Kor. 7:1; Efe. 5:18)

 

·         Die vermyding van rusie maak, om kwaad vir kwaad te vergeld, kwaadpraat en skinder asook die verspreiding van aannames en vermoedens wat ander mense kan seermaak en hulle goeie naam kan skade aandoen. (2 Kor. 12:20; Gal. 5:15; Efe. 4:30-32; Jak. 3:5-18; 1 Pet. 3:9-10)

 

·         Die vermyding van oneerlikheid en onregverdige voordeel uit koop en verkoop transaksies asook valse getuienis gee of enige sulke duister werke. (Lev. 19:10-11; Rom. 12:17; 1 Kor. 6:7-10)

 

·         Om nie toe te gee aan hoogmoedige gedrag nie. Ons verwag van ons mense om hulle met fatsoenlikheid en met beskeidenheid te klee, soos dit die heiliges betaam. (Spr. 29:23; 1 Tim. 2:8-10; Jak. 4:6; 1 Pet. 3:3-4; 1 Joh. 2: 15-17)

 

·         Die vermyding van musiek, literatuur en vermaaklikhede wat nie tot eer van God is nie. (1 Kor. 10:31; 2 Kor. 6:14-17; Jak. 4:4)

 

·         Van alle lidmate word verwag om in hartelike gemeenskap met die Kerk te bly, nie teen die leerstellings en gebruike in opstand te kom nie, maar om heelhartig aan die leerstellings en gebruike toegewyd te wees en opreg saam met die Kerk in die werk van getuienis en uitreik na siele betrokke te raak. (Efe. 2:18-22; 4:1-3; 11-16; Fil. 2:1-8; 1 Pet. 2:9-10)

Vir die spesiale reëls, sien die Konstitusie en Spesiale Reëls van die Kerk wat beskikbaar is op aanvraag by Ds. Andries Joubert. Hierin word duidelik ons verwagtings ten opsigte van die Christelike lewe van ons lidmate in groter detail uiteengesit.